Gereelde Vrae

Opvoubare inhoud

Vir wie is Tolliebotter?

Ons diskrimineer nie baseer op ras, geslag, herkoms, en beslis nie op seksuele voorkeur nie. Tolliebotter is vir enigiemand en almal wat lus het vir die lakendans, watookal jou spoed!

Waarvoor kan ek Tolliebotter gebruik?

Kan gebruik word vir vaginale, anale en persoonlike stimulasie. Moet dit net nie loop gebruik op die pistons van jou 1965 Ford Cortina nie.

Is Tolliebotter veilig?

Water-gebaseer en pH neutraal soos ’n swembad in Steyn City met geen allergene, reuke, smake of onnodige bygevoegde middels. So jy kan veilig en selversekerd speel.

Wat gebeur indien ek irritasie ondervind?

Indien jy ongemak of irritasie ondervind, vermy enige verdere kontak en was die geaffekteerde area met water. Indien simptome aanhou, moet asseblief nie huiwer om mediese aandag te soek nie.

Is Tolliebotter maklik om skoon te maak?

Yebo. Tolliebotter is water-gebaseer, so dit was vinniger af as wat jy kan sê “vat my, en ek bedoel nie rugby toe nie”.

Kan ek Tolliebotter met kondome en speelgoed gebruik?

Tolliebotter is water-gebaseer, so dit behoort nie die integriteit van kondome of rubber/silikoon speelgoed te beinvloed nie.

Is daar verskillende geure of reuke beskikbaar?

Tans kom (ha!) Tolliebotter slegs in ’n neutrale formulasie, met geen reuke of geure nie. Indien jy verskillende reuke of geure wil versoek, stuur ons asseblief ’n epos by info@tolliebotter.com

Kan ek produkte wat ek gekoop het terugstuur?

Ons bied teruggawes of terugbetalings op items soos klere, maar ongelukkig nie op ons lube nie. Indien jy ’n foutiewe produk ontvang het, stuur ons asseblief ’n epos by info@tolliebotter.com om verdere stappe te bespreek.

Bied julle gratis verpakking en aflewering aan?

Verpakking en vervoer op enkel items word uitegewerk wanneer jy betaal. Bestellings oor R400 ontvang gratis verpakking en vervoer in Suid Afrika. Hoe lekker!

Wat sal my ma dink as ek `n Tolliebotter T-hemp dra?

Sy sal trots wees dat haar kind so selfversekerd is met hulle seksualiteit, en dat jy so openlik klein besighede ondersteun. Moenie skaam wees nie, jou lekker ding!